MALEAGI 2:9
MALEAGI 2:9 Bybel vir almal (ABA)
“Ek sal julle nou straf. Die mense sal julle nie meer respekteer nie, want julle was nie gehoorsaam aan My nie. Party mense het verkeerd gedoen, maar julle het gesê hulle het reg gedoen.”
MALEAGI 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.
MALEAGI 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nou maak Ek julle ook verag en sonder aansien by die hele volk, want julle het nie my wil gedoen nie, julle was nie onpartydig in julle uitsprake oor wat my wil is nie.
MALEAGI 2:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Op my beurt sal Ek julle veragte en vernederde mense in die oë van die hele volk maak, omdat julle nie nougeset op my paaie bly nie en menslike voorkeure laat geld in die onderrig van die wet.”
MALEAGI 2:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom het Ek julle ook veragtelik en gering gemaak voor die hele volk, omdat julle my weë nie onderhou het nie, maar partydig was in die wet.
MALEAGI 2:9 Die Boodskap (DB)
Daarom gaan Ek julle voor julle eie mense in die verleentheid bring en sonder eer los. Die rede daarvoor is in die eerste plek omdat julle nie na My wou luister nie, maar julle eie kop gevolg het. En in die tweede plek het julle nie almal gelyk behandel nie, maar julle het kant gekies vir dié wat agteraf vir julle omkoopgeskenke gegee het.