MALEAGI 2:8-9
MALEAGI 2:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Maar julle wat priesters is, julle volg My nie meer nie. Julle het vir baie mense geleer om verkeerd te doen. Julle het die verbond gebreek wat Ek met Levi gemaak het.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “Ek sal julle nou straf. Die mense sal julle nie meer respekteer nie, want julle was nie gehoorsaam aan My nie. Party mense het verkeerd gedoen, maar julle het gesê hulle het reg gedoen.”
MALEAGI 2:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die HERE van die leërskare. So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.
MALEAGI 2:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar julle het die regte pad verlaat, julle het baie tot 'n val gebring met wat julle hulle geleer het; julle het my verbond met Levi geskend, sê die Here die Almagtige. Nou maak Ek julle ook verag en sonder aansien by die hele volk, want julle het nie my wil gedoen nie, julle was nie onpartydig in julle uitsprake oor wat my wil is nie.
MALEAGI 2:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar júlle het afgewyk van die pad en baie mense laat struikel deur julle onderrig. Julle het die verbond met die Leviete geskend,” sê die HERE, Heerser oor alle magte. “Op my beurt sal Ek julle veragte en vernederde mense in die oë van die hele volk maak, omdat julle nie nougeset op my paaie bly nie en menslike voorkeure laat geld in die onderrig van die wet.”
MALEAGI 2:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar julle het van die pad gewyk; julle het baie oor die wet laat struikel; julle het die verbond van Levi verderf, spreek die HERE van die leërskare. Daarom het Ek julle ook veragtelik en gering gemaak voor die hele volk, omdat julle my weë nie onderhou het nie, maar partydig was in die wet.
MALEAGI 2:8-9 Die Boodskap (DB)
Ongelukkig, priesters, kon dit nie van julle gesê word nie. Julle het baie mense mislei omdat julle hulle verkeerd geleer het. So het julle ’n streep deur my ooreenkoms met Levi getrek. Daarom gaan Ek julle voor julle eie mense in die verleentheid bring en sonder eer los. Die rede daarvoor is in die eerste plek omdat julle nie na My wou luister nie, maar julle eie kop gevolg het. En in die tweede plek het julle nie almal gelyk behandel nie, maar julle het kant gekies vir dié wat agteraf vir julle omkoopgeskenke gegee het.
MALEAGI 2:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar dit was nie so met julle nie!” Die HERE, die Almagtige, sê: “Julle het van my pad afgedwaal. Julle sogenaamde onderrig het baie mense laat struikel. Julle het skade aangerig aan my verbond met die Leviete. “Julle het nie gelewe soos Ek vereis nie en was partydig in julle toepassing van my voorskrifte. Daarom het Ek veroorsaak dat julle by die hele volk verag en verneder word.”