MALEAGI 2:8
MALEAGI 2:8 Bybel vir almal (ABA)
Maar julle wat priesters is, julle volg My nie meer nie. Julle het vir baie mense geleer om verkeerd te doen. Julle het die verbond gebreek wat Ek met Levi gemaak het.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
MALEAGI 2:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die HERE van die leërskare.
MALEAGI 2:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar julle het die regte pad verlaat, julle het baie tot 'n val gebring met wat julle hulle geleer het; julle het my verbond met Levi geskend, sê die Here die Almagtige.
MALEAGI 2:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar júlle het afgewyk van die pad en baie mense laat struikel deur julle onderrig. Julle het die verbond met die Leviete geskend,” sê die HERE, Heerser oor alle magte.
MALEAGI 2:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar julle het van die pad gewyk; julle het baie oor die wet laat struikel; julle het die verbond van Levi verderf, spreek die HERE van die leërskare.