MALEAGI 2:17
MALEAGI 2:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het die Here moeg gemaak met wat julle gesê het, en dan vra julle nog: “Waarmee het ons Hom moeg gemaak?” Julle het dit gedoen toe julle gesê het: “Vir die Here is almal wat verkeerd doen, goeie mense, Hy hou van hulle,” of toe julle gevra het: “Waar is die God wat reg moet laat geskied?”
MALEAGI 2:17 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is moeg om te hoor wat julle sê. Maar julle vra: “Wat het ons gesê wat die Here moeg gemaak het?” Julle het Hom moeg gemaak toe julle gesê het: “Die Here hou van mense wat verkeerd doen,” en toe julle gevra het: “Waar is die God wat moet kyk dat mense reg doen?”
MALEAGI 2:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JULLE vermoei die HERE met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die HERE, en in hulle het Hy 'n behae; of waar is anders die God van die reg?
MALEAGI 2:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het die Here moeg gemaak met wat julle gesê het, en dan vra julle nog: “Waarmee het ons Hom moeg gemaak?” Julle het dit gedoen toe julle gesê het: “Vir die Here is almal wat verkeerd doen, goeie mense, Hy hou van hulle,” of toe julle gevra het: “Waar is die God wat reg moet laat geskied?”
MALEAGI 2:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle vermoei die HERE met julle woorde, en dan vra julle: “Hoe het ons Hom vermoei?” Deur te sê: “Almal wat verkeerd doen, is goed in die oë van die HERE, teenoor hulle is Hy goedgesind.” Of julle sê: “Waar is die God wat oordeel?”
MALEAGI 2:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle het die HERE vermoei met julle woorde. Maar julle sê: Waarmee het ons hom vermoei? As julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die HERE, en Hy het behae in hulle; of: Waar is die God van oordeel?
MALEAGI 2:17 Die Boodskap (DB)
Al julle gepraat maak die Here moeg. En weereens sê julle julle kan dit nie verstaan nie. Maar tog hou julle aan sê: “God hou so baie van die slegte mense dat Hy hulle nie eens straf oor wat hulle verkeerd doen nie.” En julle wat mekaar om elke hoek en draai loop en bedrieg, wil heel verwaand weet: “Waar is die God wat veronderstel is om reg te doen?”
MALEAGI 2:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle het die HERE moeg gemaak met julle baie gepraat en dan vra julle: “Hoe het ons Hom moeg gemaak?” Julle het Hom vermoei deur te sê dat almal wat kwaad doen eintlik vir die HERE aanvaarbaar is en dat Hy met hulle tevrede is. Julle het Hom vermoei deur te vra: “Waar is die God wat reg moet laat geskied?”