MALEAGI 1:9
MALEAGI 1:9 Die Boodskap (DB)
Tog hou julle aan vra dat Ek, die Here, vir julle goed moet wees, maar solank julle so aangaan, sal Ek nie julle gebede verhoor nie, en dis net julle eie skuld.
MALEAGI 1:9 Bybel vir almal (ABA)
“Julle sê: ‘As God nie vriendelik is met ons nie, dan moet ons iets doen sodat Hy weer vriendelik kan wees met ons.’ “Maar as julle hierdie verkeerde dinge doen, dan sal Hy nie vriendelik wees met julle nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
MALEAGI 1:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Smeek dan nou tog die aangesig van God, dat Hy ons genadig kan wees! Sulke dinge is deur julle gedoen — sal Hy dan om julle ontwil goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.
MALEAGI 1:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dan sê julle: “Maak God dan tog nou goedgesind dat Hy ons genadig kan wees!” As julle só optree, sal Hy een van julle se versoek toestaan? Dit is wat die Here die Almagtige sê.
MALEAGI 1:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sou julle God dan nou gunstig stem dat Hy ons genadig kan wees, terwyl julle so iets doen? Sal Hy deur júlle toedoen goedgesind wees? Die HERE, Heerser oor alle magte het dit gesê.