MALEAGI 1:8
MALEAGI 1:8 Bybel vir almal (ABA)
Julle bring blinde diere om vir My te offer. Dink julle dit is reg? Dit is verkeerd. Julle offer vir My siek of lam diere. Dit is ook verkeerd. Wat sal gebeur as julle 'n siek of 'n lam dier gaan gee vir iemand wat oor julle regeer? Sal hy daarvan hou en vriendelik wees met julle? Nee.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
MALEAGI 1:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as julle 'n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle 'n lam of 'n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou goewerneur! Sal hy 'n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.
MALEAGI 1:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer julle 'n blinde ding bring om te offer, is dit dan nie verkeerd nie? En wanneer julle 'n siek of 'n lam ding bring, is dit nie verkeerd nie? Bring bietjie so iets vir jou goewerneur! Sal hy ingenome met jou wees of jou vriendelik ontvang? Dit is wat die Here die Almagtige sê.
MALEAGI 1:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle 'n blinde dier as offer aanbied, is dit mos nie verkeerd nie, en as julle 'n mank of siek dier aanbied, is dit mos nie verkeerd nie! Bied so iets vir jou •streekgoewerneur aan! Sal hy jou aanvaar, sal hy goedgesind wees teenoor jou?” vra die HERE, Heerser oor alle magte.
MALEAGI 1:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as julle die blindes as offer bring, is dit nie sleg nie? en as julle die kreupeles en siekes offer, is dit nie sleg nie? Bied dit nou aan jou goewerneur; Sal hy 'n welbehae in jou hê, of jou persoon aanneem? spreek die HERE van die leërskare.
MALEAGI 1:8 Die Boodskap (DB)
Is daar niks mee verkeerd as julle ’n blinde of ’n lam of ’n siek dier vir My kom offer nie? Probeer ’n bietjie so iets met julle goewerneur en kyk hoe baie hy daarvan gaan hou.
MALEAGI 1:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE, die Almagtige, sê: “Is dit nie verkeerd as julle blinde diere bring om te offer nie? Is dit nie ook verkeerd om lam en siek diere te offer nie? Bring ’n bietjie sulke geskenke vir julle goewerneur en kyk of hy daarmee tevrede sal wees en julle vriendelik sal ontvang!