MALEAGI 1:7
MALEAGI 1:7 Bybel vir almal (ABA)
“Julle bring onrein offers na my altaar, en dan vra julle: ‘Hoekom sê U ons dink U is onrein? Wat het ons gedoen?’ “Julle doen dit wanneer julle sê julle respekteer nie die Here se altaar nie.
MALEAGI 1:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik.
MALEAGI 1:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle bring onrein voedsel op my altaar, en dan vra julle: “Hoe het ons U te na gekom?” Julle doen dit wanneer julle dink: “Die altaar van die Here kan maar met minagting behandel word.”
MALEAGI 1:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle bied besoedelde voedsel aan op my altaar en dan vra julle nog, ‘Hoe het ons U verwerp?’ Omdat julle dink dat die tafel van die HERE maar geminag kan word!
MALEAGI 1:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle bring besoedelde brood op my altaar; en julle sê: Waarmee het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik.
MALEAGI 1:7 Die Boodskap (DB)
Kyk ’n bietjie na die soort offers wat julle vir My bring. Julle gee nie om hoe hierdie offers lyk nie. En dan vra julle nog: “Wanneer het ons U nie gerespekteer nie?” Deur nie te bring wat Ek wil hê nie, is net so goed as om jou neus vir My op te trek en te sê: “Vat wat jy kry.”