MALEAGI 1:4
MALEAGI 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Die Edomiete sê: ‘Ons stede is verwoes, ons huise is nou net hope klippe, maar ons sal weer huise bou.’ “Maar dan sê Ek, die Here wat oor alles regeer: Hulle kan huise bou, maar Ek sal dit weer afbreek. Die mense sal sê die Edomiete se land is die land waar die slegte mense gewoon het, en die Here sal altyd kwaad bly vir hulle.
MALEAGI 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou — dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
MALEAGI 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
As Edom sou sê: “Ons is verpletter maar ons sal die puinhope weer opbou,” sal die Here die Almagtige sê: Laat hulle maar bou, Ek sal weer afbreek. Hulle sal bekend staan as die goddelose land, die volk op wie die Here se toorn vir altyd rus.
MALEAGI 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, Edom sê: “Ons is verpletter, maar ons sal weer die puinhope opbou.” Maar so sê die HERE, Heerser oor alle magte: “Húlle kan maar bou, maar Ék sal afbreek. Hulle sal die goddelose gebied genoem word, en die volk vir wie die HERE vir altyd vervloek het.”
MALEAGI 1:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl Edom sê: Ons is verarm, maar ons sal terugkeer en die verlate plekke bou; so sê die HERE van die leërskare: Hulle sal bou, maar Ek sal afbreek; en hulle sal hulle noem: Die grens van goddeloosheid en: Die volk op wie die HERE vir ewig toornig is.
MALEAGI 1:4 Die Boodskap (DB)
Sy kinders daar in Edom sou natuurlik kon sê: “Al lyk dit nou sleg, ons sal weer voor begin!” Vir hulle sê Ek, die God vir wie niks onmoontlik is nie, julle kan soveel huise bou as wat julle wil, dit sal nooit ’n stad word nie. Om die waarheid te sê, julle sal eerder op ’n bynaam genoem word: die goddelose dorp en mense vir wie die Here vir altyd kwaad is.
MALEAGI 1:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het Esau se afstammelinge, die mense van Edom hierop gereageer en gesê: “Ons is platgeslaan, maar ons sal die bouvalle weer opbou.” Die HERE, die Almagtige, het so daarop geantwoord: “Hulle kan maar probeer om herstelwerk te doen. Ek sal dit net weer vernietig! Hulle land sal bekend staan as ‘Die Land van Boosheid’ en die volk as ‘Die volk vir wie die HERE vir altyd kwaad sal wees’.