MALEAGI 1:14
MALEAGI 1:14 Bybel vir almal (ABA)
“As iemand 'n bul of 'n ram het en hy belowe om dit vir My te offer, maar hy bring 'n os of 'n hamel, dan is hy skelm en Ek vervloek hom. Ek is die Groot Koning, en al die volke eer My.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
MALEAGI 1:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee 'n manlike dier is, 'n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die HERE offer; want Ek is 'n groot Koning, sê die HERE van die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.
MALEAGI 1:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar rus 'n vloek op elke skelm wat 'n bul of 'n ram in sy kudde het en 'n gelofte doen en dan 'n verminkte ding aan die Here offer! Ek is die Grootkoning, sê die Here die Almagtige, vir My het die nasies ontsag.
MALEAGI 1:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Vervloek is iemand wat bedrieg deur 'n gelofte af te lê, maar 'n verminkte dier aan die Heer offer, terwyl daar 'n manlike dier in sy kudde is. Ek is immers die groot Koning,” sê die HERE, Heerser oor alle magte, “en my Naam wek ontsag by die nasies. ”
MALEAGI 1:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar vervloek is die bedrieër wat in sy kudde 'n mannetjie het en 'n gelofte beloof en aan die HERE 'n verdorwe ding offer; want Ek is 'n groot Koning, spreek die HERE van die leërskare, en my Naam is verskriklik onder die nasies.
MALEAGI 1:14 Die Boodskap (DB)
As iemand belowe het om vir My die beste te gee wat hy het en hy kom dan later daar aan met iets minderwaardigs, moet hy weet dit sal baie swaar met hom gaan. Want Ek laat My nie bedrieg nie. Ek is die Grootkoning, die Here aan wie alles behoort. Die volke van die wêreld het respek vir My.