MALEAGI 1:13
MALEAGI 1:13 Bybel vir almal (ABA)
En julle sê dit is harde werk om offers te bring. Julle hou nie daarvan om dit te doen nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “Julle bring diere wat julle gesteel het of diere wat nie gesond is nie en julle offer dit vir My. Ek wil dit nie hê nie,” sê die Here.
MALEAGI 1:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle sê: Kyk, wat 'n moeite! En julle verag dit, sê die HERE van die leërskare; en julle bring geroofde en lam en siek diere — so bring julle dan die offer! Kan Ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê die HERE.
MALEAGI 1:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dan sê julle nog dis 'n klomp moeite en julle trek die neus daarvoor op. Dit is wat die Here die Almagtige sê. Julle bring gesteelde, lam, siek diere, julle bring dit as offers! Moet Ek ingenome wees daarmee dat julle vir My sulke goed bring? vra die Here.
MALEAGI 1:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En dan sê julle, ‘Kyk, watter moeite is dit nie!’ En julle skat dit gering, ” sê die HERE, Heerser oor alle magte. “Julle bring diere wat geroof en mank en siek is, en bied dit as 'n offergawe aan! Moet Ek dit uit julle hand aanvaar?” vra die HERE.
MALEAGI 1:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle het ook gesê: Kyk, wat 'n moegheid is dit! en julle het dit uitgeblus, spreek die HERE van die leërskare; en julle het verskeurde en kreupeles en siekes gebring; so het julle 'n offer gebring; moet ek dit van julle hand aanneem? spreek die HERE.
MALEAGI 1:13 Die Boodskap (DB)
En dan trek julle nogal die neus vir My op en sug oor hoe moeilik dit is om die Here tevrede te stel. Gaan kyk ’n bietjie wat bring julle vir My as offers: gesteelde, lam en siek diere; dis mos nie aanvaarbaar nie.
MALEAGI 1:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle sê: ‘Dit is moeilik om Hom te dien’ en dan trek julle ook nog julle neuse daarvoor op,” sê die HERE, die Almagtige! “Julle bring gesteelde, lam en siek diere en bied dit as offers aan! Moet Ek nou tevrede wees met dit wat julle bring?” vra die HERE.