MALEAGI 1:10
MALEAGI 1:10 Bybel vir almal (ABA)
“Dit sal beter wees as een van julle die tempel se deure toesluit en die vuur op die altaar doodmaak, want dit help niks dat die vuur brand nie. Ek hou nie van julle nie en Ek wil nie 'n offer van julle hê nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
MALEAGI 1:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit, sodat julle nie tevergeefs vuur op my altaar kan aansteek nie! Ek het in julle geen welgevalle nie, sê die HERE van die leërskare, en in 'n offer uit julle hand het Ek geen behae nie.
MALEAGI 1:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Was daar maar iemand onder julle wat die tempel se deure wou toesluit, sodat julle nie my altaar tevergeefs aan die brand hou nie! Ek hou nie van julle nie, sê die Here die Almagtige, en Ek wil nie 'n offer van julle hê nie.
MALEAGI 1:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Was daar maar iemand onder julle wat die tempeldeure kon toesluit, sodat julle nie die vuur op my altaar verniet aan die brand steek nie. Ek is julle nie goedgesind nie,” sê die HERE, Heerser oor alle magte. “'n Offer uit julle hand is nie vir My aanvaarbaar nie.
MALEAGI 1:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie is daar selfs onder julle wat die deure verniet sal sluit? en julle steek nie verniet vuur op my altaar aan nie. Ek het geen behae in julle nie, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal geen offer uit julle hand aanneem nie.
MALEAGI 1:10 Die Boodskap (DB)
Ek wens iemand wil liewer die tempel se deur toesluit. Dan kon julle ten minste nie al hierdie nuttelose offers vir My bring nie. Ek is nie beïndruk met wat julle doen nie. Moenie dink dat Ek maar met enigiets tevrede moet wees nie. Onthou, Ek is die Here, die enigste God.