LUKAS 9:55-56
LUKAS 9:55-56 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus het omgedraai en met Jakobus en Johannes geraas. Jesus en sy dissipels het toe na 'n ander dorpie gegaan.
LUKAS 9:55-56 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie; want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na 'n ander dorp vertrek.
LUKAS 9:55-56 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys. Daarna het hulle die reis voortgesit na 'n ander dorp toe.
LUKAS 9:55-56 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Hy het omgedraai en hulle tereggewys. Hulle het toe na 'n ander dorpie gegaan.
LUKAS 9:55-56 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy het omgedraai en hulle bestraf en gesê: Julle weet nie van watter soort gees julle is nie. Want die Seun van die mens het nie gekom om mense se lewens te vernietig nie, maar om hulle te red. En hulle het na 'n ander dorp gegaan.