LUKAS 8:43
LUKAS 8:43 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n vrou wat twaalf jaar lank siek was. Sy het aangehou bloei. Sy het al haar geld gebruik om die dokters te betaal, maar niemand kon haar gesond maak nie.
LUKAS 8:43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie
LUKAS 8:43 Afrikaans 1983 (AFR83)
Onder hulle was 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het alles wat sy gehad het aan dokters uitgegee, maar niemand kon haar gesond maak nie.
LUKAS 8:43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Onder hulle was daar 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het en reeds alles wat sy besit, aan dokters bestee het, maar sy kon deur niemand genees word nie.
LUKAS 8:43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En 'n vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het, wat haar hele lewe aan geneeshere deurgebring het, en van niemand genees kon word nie
LUKAS 8:43 Die Boodskap (DB)
Intussen was daar ook ’n vrou in die skare wat al twaalf jaar lank aan ’n menstruele kwaal gely het. Dit het gemaak dat sy nie kon deelneem aan die normale godsdienstige aktiwiteite nie omdat sy as onrein beskou is. Geen dokter kon die arme vrou gesond kry nie.