LUKAS 8:3
LUKAS 8:3 Bybel vir almal (ABA)
'n Ander vrou was Johanna, die vrou van Gusa. Gusa was die hoof van die mense wat in koning Herodes se paleis gewerk het. Susanna en nog baie ander vroue was ook by Jesus en sy dissipels. Hierdie vroue het hulle eie geld gebruik om vir Jesus en sy dissipels te sorg.
LUKAS 8:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Johanna, die vrou van Gusa, 'n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
LUKAS 8:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
en Johanna die vrou van Gusa, 'n hoë amptenaar van Herodes, en Susanna en baie ander. Hierdie vroue het uit eie middele vir Jesus en die twaalf gesorg.
LUKAS 8:3 Die Boodskap (DB)
Johanna, die vrou van Gusa, een van die belangrike amptenare in Herodes se paleis, was ook onder hulle. So ook Susanna en ’n klompie ander vroue. Met hulle eie geld het hierdie vroue vir Jesus en sy dissipels kos gekoop en ook gesorg dat hulle slaapplek het.