LUKAS 8:16
LUKAS 8:16 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook gesê: “'n Mens steek nie 'n lamp op en sit dit dan onder 'n emmer of steek dit onder die bed weg nie. Nee, 'n mens sit 'n lamp op die lampstaander. Dan kan almal in die kamer die lig sien.
LUKAS 8:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.
LUKAS 8:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Niemand steek 'n lamp op en maak dit dan met iets toe of sit dit onder 'n bed nie. Inteendeel, hy sit dit op 'n staander sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien.
LUKAS 8:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Niemand steek 'n lamp op en maak dit toe met 'n houer, of sit dit onder 'n bed nie. Trouens, 'n mens sit dit op 'n lampstaander, sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien.
LUKAS 8:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Niemand wat 'n kers aangesteek het, bedek dit met 'n voorwerp of sit dit onder 'n bed nie; maar sit dit op 'n kandelaar, sodat die wat ingaan, die lig kan sien.
LUKAS 8:16 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe: “Julle weet tog baie goed dat ’n mens nie ’n lig aanskakel en dit dan met ’n kombers toegooi nie. ’n Mens vat ook nie ’n lamp en gaan steek dit onder jou bed weg nie. Natuurlik nie. Nee, ’n mens sit ’n lamp in die middel van ’n kamer waar dit die beste lig kan gee. Dan kan almal sien wat om hulle aangaan.