LUKAS 5:27-39

LUKAS 5:27-39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN ná hierdie dinge het Hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My. En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg. En Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was 'n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was. En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. TOE sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink? En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae. En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel: Niemand sit 'n lap van 'n nuwe kleed op 'n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie. En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou. En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.

LUKAS 5:27-39 Bybel vir almal (ABA)

Daarna het Jesus verder gegaan. Hy sien toe 'n tollenaar by die tolhek sit. Die tollenaar se naam was Levi. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My.” Levi het opgestaan en alles daar gelos en hy het saam met Jesus gegaan. Toe nooi Levi vir Jesus na 'n groot ete in sy huis. Daar was ook baie tollenaars en ander mense wat saam met hulle geëet het. Maar party van die Fariseërs en hulle skrifgeleerdes het later by Jesus se dissipels kom kla en gevra: “Hoekom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe. Dit is hoekom Ek saam met daardie mense eet. Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie. Nee, Ek het gekom om sondaars te roep sodat hulle kan lewe soos God wil hê.” Party mense het vir Jesus gesê: “Johannes die Doper se dissipels vas baie maal en bid altyd wanneer hulle moet. Die Fariseërs se dissipels doen dit ook. Maar jou dissipels eet en drink.” Jesus sê toe vir hulle: “Julle kan nie vir mense by 'n troue sê hulle mag niks eet nie. Die bruidegom is dan by hulle. Maar daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom nie meer by hulle sal wees nie. Dan sal hulle vas.” Jesus vertel toe vir hulle 'n gelykenis. Hy het gesê: “'n Mens skeur nie 'n lap uit nuwe klere om ou klere reg te maak nie, want dan het hy die nuwe klere ook geskeur. En 'n nuwe lap pas nie by ou klere nie. En 'n mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. Die nuwe wyn sal die ou velsakke laat bars, en dan loop die wyn uit en die velsakke is stukkend. Nee, 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe velsakke. Onthou ook: As 'n mens eers ou wyn geproe het, dan wil jy nie nuwe wyn drink nie, want die ou wyn smaak lekkerder.”

LUKAS 5:27-39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN ná hierdie dinge het Hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My. En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg. En Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was 'n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was. En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. TOE sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink? En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae. En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel: Niemand sit 'n lap van 'n nuwe kleed op 'n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie. En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou. En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.

LUKAS 5:27-39 Afrikaans 1983 (AFR83)

Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.” Hy het alles net so laat lê en opgestaan en Jesus gevolg. Levi het 'n groot feesmaal in sy huis gehou ter ere van Jesus, en 'n groot aantal tollenaars en ander mense het saam met hulle aangesit. Die Fariseërs, en veral die skrifgeleerdes onder hulle, het by sy dissipels gekla en gesê: “Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?” Toe antwoord Jesus hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars.” Die mense sê toe vir Jesus: “Die volgelinge van Johannes vas dikwels en onderhou gereelde gebedstye, en so ook die volgelinge van die Fariseërs, en u dissipels eet en drink maar.” Toe sê Jesus vir hulle: “Kan julle dan die bruilofsgaste laat vas terwyl die bruidegom by hulle is? Daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan, in daardie dae, sal hulle vas.” Hy vertel hulle ook nog 'n gelykenis: “Niemand skeur 'n stuk uit nuwe klere om daarmee ou klere te lap nie. As hy dit sou doen, sou die nuwe klere stukkend wees, en buitendien sal die nuwe lap nie by die ou klere pas nie. “En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word. “En niemand wat ou wyn gedrink het, wil nuwe wyn hê nie, want hy sê: Die oue is goed.”

LUKAS 5:27-39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Hierna het Jesus buitentoe gegaan en 'n •tollenaar met die naam Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!” En hy het alles net so gelos, opgestaan en Hom gevolg. Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gehou waar 'n klomp •tollenaars en ook ander mense saam met hulle vir ete aangeleun het. Die •Fariseërs, en veral die skrifkenners onder hulle, het by sy dissipels gemor: “Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om •regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” Die mense het vir Hom gesê: “Johannes se dissipels vas en bid gereeld, en die •Fariseërs se dissipels ook, maar u dissipels eet en drink maar voort.” Jesus het hulle geantwoord: “Julle kan tog nie die bruilofsgaste laat vas terwyl die bruidegom by hulle is nie? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word. Dan, in daardie dae, sal hulle vas.” Hy het vir hulle nog 'n gelykenis vertel: “Niemand skeur 'n stuk materiaal uit 'n nuwe kledingstuk en werk dit op 'n ou kledingstuk vas nie. As mens dit doen, sal die nuwe kledingstuk skeur, en boonop sal die nuwe stuk nie by die ou kledingstuk pas nie. “En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die leersakke laat oopbars. Dan sal die wyn uitloop en die sakke sal tot niet gaan. Nee, nuwe wyn behoort in nuwe leersakke gegooi te word. Boonop het niemand wat ou wyn gedrink het, lus vir nuwe wyn nie. ‘Die oue smaak goed,’ sê hy.”

LUKAS 5:27-39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En ná hierdie dinge het hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit; en hy sê vir hom: Volg My. En hy het alles gelos, opgestaan en hom gevolg. En Levi het vir hom 'n groot feesmaal in sy huis berei, en daar was 'n groot menigte tollenaars en ander wat saam met hulle aangesit het. Maar hulle skrifgeleerdes en Fariseërs het teen sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het 'n geneesheer nie nodig nie; maar die wat siek is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. En hulle sê vir hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede, en so ook die dissipels van die Fariseërs? maar jy eet en drink? En Hy sê vir hulle: Kan julle die kinders van die bruilof laat vas terwyl die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle in daardie dae vas. En Hy het ook 'n gelykenis aan hulle vertel; Niemand sit 'n stuk van 'n nuwe kleed op 'n ou nie; indien anders, dan maak beide die nuwe 'n puur, en die stuk wat uit die nuwe geneem is, stem nie ooreen met die oue nie. En niemand gooi nuwe wyn in ou sakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke bars en uitgestort word, en die sakke sal vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word; en albei word bewaar. Niemand wat ook ou wyn gedrink het, begeer dadelik nuwe nie; want hy sê: Die oue is beter.

LUKAS 5:27-39 Die Boodskap (DB)

Van daar af het Jesus verder gestap tot by die kantoor van ’n man wat belasting ingevorder het. Sy naam was Levi. Toe Jesus vir Levi daar by sy kantoor sien sit, sê Hy vir hom: “Volg My!” Levi het nie op hom laat wag nie. Hy het alles waarmee hy besig was net so gelos en saam met Jesus gestap. Van daar af is hulle na Levi se huis toe. Levi het gou ’n groot klomp van sy vriende vir ete oorgenooi. Hy was so bly oor wat met hom gebeur het dat hy voor almal vir Jesus wou dankie sê. ’n Groot groep tollenaars en ’n klomp ander mense saam met wie die godsdienstige leiers nooit aan ’n tafel gesien wou wees nie, het toe saam met Jesus en Levi kom feesvier. Die godsdienstige leiers het gesien dat Jesus saam met al hierdie mense aan tafel sit. Hulle was baie geskok daaroor. Hulle het toe vir sy dissipels gevra: “Hoe kry julle dit reg om saam met ’n klomp skelms en sondaars te eet en te drink? Julle weet mos dat rein mense nie saam met onrein mense mag eet nie.” Jesus het gehoor wat hulle vir sy dissipels sê. Hy antwoord hulle toe: “Wat dink julle is dokters se werk? Moet hulle heeltyd gesonde mense oppas? Of moet hulle siek mense help? Julle weet mos wat die antwoord is: dokters is daar vir siek mense. Wel, Ek ook. Dis nie my werk om mense wat klaar aan God gehoorsaam is, weer ’n keer na Hom toe te lei nie. Ek het gekom om mense wat glad nie in Hom glo nie se oë oop te maak.” Die godsdienstige leiers sê toe vir Jesus: “Jy moet net sien hoe toegewyd al Johannes die Doper se volgelinge is. Hulle is so ernstig in hulle godsdiens dat hulle lang tye niks eet nie. Hulle vas en bid gereeld. Die Fariseërs doen dit ook. Maar jou dissipels steur hulle glad nie daaraan nie. Hulle eet en drink net die hele tyd.” Jesus sê toe vir hulle: “Julle het nie die vaagste idee waaroor godsdiens regtig gaan nie. Kyk, as mense by ’n troue is, staan hulle mos nie met lang gesigte en huil nie. Hulle vier dan fees, nie waar nie? Dan eet en drink hulle omdat hulle saam met die bruidegom bly is. Later, as die troue verby en die bruidspaar weg is, kan hulle weer met hulle gewone lewe aangaan. Dan sal hulle weer vas. “Kom Ek verduidelik wat Ek bedoel met ’n voorbeeld: as iemand ’n gat in ’n ou stuk klere wil regmaak, lap hy dit mos nie met nuwe materiaal wat baie sal krimp nie. Met die eerste was gaan die nuwe materiaal krimp en dan kom daar ’n yslike gat in die ou klere. “Nog ’n voorbeeld: ’n mens gooi ook nie nuwe wyn in ou, verweerde sakke nie. Anders skeur die sakke en dan loop al die wyn uit. Nee, ’n mens sit nuwe wyn in nuwe sakke. Dan kan dit goed verouder. Mense wat sulke goeie wyn gedrink het, wil dan glad nie weer ander wyn drink nie. ”

LUKAS 5:27-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Later, toe Jesus die dorp verlaat, het Hy ’n tollenaar met die naam Levi by sy tolhokkie sien sit. “Kom, word my dissipel!” het Jesus vir hom gesê. Levi het opgestaan, alles net so gelos en Jesus gevolg. Kort daarna het Levi ’n feesmaal in sy huis aangebied met Jesus as die eregas. Baie van Levi se medetollenaars en ander gaste was daar. Maar die Fariseërs en skrifkenners wat aan die Fariseërparty behoort, het by Jesus se dissipels gaan kla: “Waarom eet en drink julle saam met sulke immorele karakters?” Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie ’n dokter nodig nie – siek mense wel. Ek het gekom om sondaars te roep om tot inkeer te kom, nie om my tyd te verwyl met hulle wat dink dat hulle reeds goed genoeg is nie.” Die godsdienstige leiers sê toe vir Jesus: “Johannes die Doper se dissipels vas en bid gereeld en so ook die dissipels van die Fariseërs. Hoekom vier jou dissipels altyd fees?” Jesus het gevra: “Vas huweliksgaste dan terwyl hulle saam met die bruidegom feesvier? Eendag sal die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.” Toe het Jesus vir hulle ’n gelykenis vertel om sy punt te illustreer: “Niemand skeur tog ’n stuk materiaal van ’n nuwe kledingstuk af en lap ’n ou kledingstuk daarmee nie. Want dan sal die nuwe kledingstuk geskeur word en boonop sal die nuwe lap nie eens by die ou kledingstuk pas nie. En niemand gooi nuwe wyn in ou wynsakke nie. Die nuwe wyn sal die ou wynsakke laat bars en die wyn uitstort en die wynsakke vernietig. Nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word. Maar niemand wat die ou wyn drink, wil blykbaar die nuwe wyn hê nie. ‘Die oue is beter,’ sê hulle.”