LUKAS 3:3
LUKAS 3:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het deur die hele Jordaanstreek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe.
LUKAS 3:3 Bybel vir almal (ABA)
Hy het toe oral vir die mense naby die Jordaan-rivier gaan preek. Hy het gesê die mense moet verander en lewe soos God wil hê en hulle moet hulle laat doop. Dit sal beteken dat God hulle sondes vergewe het.
LUKAS 3:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig
LUKAS 3:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierna het hy in die hele omgewing van die Jordaan rondbeweeg en 'n doop van bekering met die oog op die vergewing van sondes verkondig
LUKAS 3:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het in die hele land rondom die Jordaan gekom en die doop van bekering tot vergewing van sondes verkondig