LUKAS 3:19-20
LUKAS 3:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Johannes het ook ernstig met koning Herodes gepraat en vir hom gesê hy mag nie sy broer se vrou, Herodias, vir hom vat nie. Johannes het ook vir Herodes gewaarsku oor al die verkeerde dinge wat hy gedoen het. Maar Herodes het toe iets gedoen wat nog slegter is: Hy het vir Johannes in die tronk toegesluit.
LUKAS 3:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het, het hy by alles nog dít gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.
LUKAS 3:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het ook vir Herodes, die heerser, tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer, en oor al die ander slegte dinge wat Herodes gedoen het. Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit.
LUKAS 3:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het die tetrarg Herodes herhaaldelik tereggewys oor Herodias, sy broer se vrou, en oor al die booshede wat Herodes gepleeg het. Afgesien van al hierdie dade het Herodes Johannes ook nog in die tronk laat opsluit.
LUKAS 3:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Herodes, die viervors, deur hom tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer Filippus, en oor al die euwels wat Herodes gedoen het, Dit het nog bo alles bygevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.
LUKAS 3:19-20 Die Boodskap (DB)
Op ’n dag het Johannes vir Herodes, die heerser van Galilea, in die openbaar gekritiseer omdat hy sy broer Filippus se vrou, Herodias, afgevat het. Ook ’n hele rits ander sondes van Herodes is deur Johannes veroordeel. Herodes was woedend hieroor. Hy het Johannes laat arresteer en hom in die tronk opgesluit.
LUKAS 3:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Johannes het ook vir Herodes Antipas, heerser van Galilea, openlik aangespreek omdat hy Herodias, sy broer se vrou, gevat het, en ook oor baie ander verkeerde dinge wat hy gedoen het. Daarop het Herodes vir Johannes in die tronk gegooi, en dié sonde by al sy ander sondes gevoeg.