LUKAS 22:67
LUKAS 22:67 Die Boodskap (DB)
Toe Jesus voor hulle kom, sê hulle vir Hom: “Kyk, moenie met ons speletjies speel nie. Sê reguit vir ons: is jy die Christus, die Een wat deur God na ons toe gestuur is, of nie?”
LUKAS 22:67 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle sê toe: “As jy die Messias is, sê dit vir ons.” Hy het hulle geantwoord: “As Ek dit vir julle sou sê, sal julle My glad nie glo nie.
LUKAS 22:67 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sê toe vir Jesus: “Sê vir ons reguit of jy die Christus is.” Jesus het vir hulle gesê: “As Ek vir julle reguit sê wie Ek is, dan sal julle My nie glo nie.
LUKAS 22:67 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie.
LUKAS 22:67 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie