LUKAS 22:66
LUKAS 22:66 Bybel vir almal (ABA)
Toe dit dag geword het, het die Joodse Raad vergadering gehou. Hulle was die Sanhedrin, dit is die familieleiers, die priesterleiers en die skrifgeleerdes. Hulle het vir Jesus voor hulle laat staan.
LUKAS 22:66 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe dit dag word, het die oudstes van die volk — die owerpriesters en skrifgeleerdes — vergader en Hom voor hulle Raad gebring
LUKAS 22:66 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring.
LUKAS 22:66 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Teen dagbreek het die Raad van Familiehoofde byeengekom, die leierpriesters en skrifkenners, en hulle het Hom na hulle Sanhedrin weggelei.
LUKAS 22:66 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe dit dag geword het, het die oudstes van die volk en die owerpriesters en die skrifgeleerdes bymekaargekom en Hom na hulle raad gelei en gesê