LUKAS 22:52
LUKAS 22:52 Bybel vir almal (ABA)
Toe vra Jesus vir almal wat gekom het om Hom te vang, die priesterleiers, die offisiere van die wagte wat by die tempel werk, en die familieleiers: “Hoekom het julle swaarde en stokke saamgebring? Dink julle Ek wil teen die regering veg?
LUKAS 22:52 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Jesus vir die owerpriesters en hoofde van die tempel en ouderlinge wat teen Hom gekom het: Het julle uitgetrek soos teen 'n rower met swaarde en stokke?
LUKAS 22:52 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Jesus vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het: “Trek julle met swaarde en stokke uit soos teen 'n rower?
LUKAS 22:52 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het toe vir die leierpriesters en die bevelvoerders van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het, gesê: “Het julle met swaarde en knuppels uitgetrek soos teen 'n rower?
LUKAS 22:52 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Jesus vir die owerpriesters en die owerstes van die tempel en die ouderlinge wat na Hom gekom het: Gaan julle uit soos teen 'n dief met swaarde en stokke?