LUKAS 22:25
LUKAS 22:25 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus het vir hulle gesê: “Die konings van die wêreld wil regeer oor hulle mense, en almal wat regeer, hou daarvan dat die mense sê hulle doen baie goeie dinge vir hulle mense.
LUKAS 22:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem.
LUKAS 22:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus sê vir hulle: “By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag afdwing, laat hulleself weldoeners noem.
LUKAS 22:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Hy sê vir hulle: “Die konings van die nasies heers oor hulle, en diegene wat gesag oor hulle het, word weldoeners genoem.
LUKAS 22:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hulle: Die konings van die heidene heers oor hulle; en hulle wat gesag oor hulle uitoefen, word weldoeners genoem.