LUKAS 20:28
LUKAS 20:28 Bybel vir almal (ABA)
“Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Hy het gesê: ‘ Wanneer 'n man sterf en sy vrou lewe nog en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se kinders wees.’
LUKAS 20:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.
LUKAS 20:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Meneer, Moses het vir ons voorgeskryf: As iemand 'n getroude broer het wat kinderloos sterwe, moet hy met sy broer se weduwee trou en vir sy broer kinders verwek.
LUKAS 20:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Meester, Moses het vir ons voorgeskryf dat ‘as iemand se broer getroud is en kinderloos sterf, sy broer die vrou moet neem en vir sy broer 'n nageslag verwek.’
LUKAS 20:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moses het gesê: Meester, Moses het aan ons geskryf: As iemand se broer sterf met 'n vrou, en hy sterf sonder kinders, moet sy broer sy vrou neem en vir sy broer nageslag verwek.
LUKAS 20:28 Die Boodskap (DB)
“Leermeester, jy weet goed wat Moses gesê het: as ’n getroude man sonder kinders doodgaan, moet sy broer met sy weduwee trou. Hulle moet dan ’n seun kry om so te sorg dat die familienaam nie uitsterf nie. Wel, nou het ons die volgende probleem wat jy asseblief vir ons moet oplos.