LUKAS 2:52 - Compare All Versions

LUKAS 2:52 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het groot geword en nog meer wysheid gekry. God en die mense was lief vir Hom.

LUKAS 2:52 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

LUKAS 2:52 AFR83 (Afrikaans 1983)

En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem.

LUKAS 2:52 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Jesus het steeds wyser en al hoe meer volwasse geword en toegeneem in guns by God en onder die mense.

LUKAS 2:52 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Jesus het toegeneem in wysheid en gestalte en in guns by God en mense.

LUKAS 2:52 DB (Die Boodskap)

Jesus het vinnig grootgeword. Almal het gesien dat Hy groot insig in God se Woord het. God was vol vreugde oor Hom. Die mense ook.

LUKAS 2:52 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En so het Jesus grootgeword en in wysheid toegeneem; Hy was geliefd by God en almal wat Hom geken het.