LUKAS 18:34
LUKAS 18:34 Bybel vir almal (ABA)
Die dissipels het niks verstaan wat Jesus gesê het nie. God het hulle nie laat verstaan wat hierdie woorde beteken nie. Hulle kon dit nie verstaan nie.
LUKAS 18:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hulle het niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.
LUKAS 18:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar van hierdie dinge het hulle niks begryp nie. Die woorde was vir hulle duister, en hulle het nie verstaan waaroor Hy praat nie.
LUKAS 18:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het egter niks hiervan verstaan nie. Die betekenis van hierdie uitspraak was vir hulle verborge, en hulle het nie begryp wat Hy gesê het nie.
LUKAS 18:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het niks van hierdie dinge verstaan nie, en hierdie woord was vir hulle verborge, en hulle het nie geweet wat gespreek is nie.