LUKAS 16:28-31
LUKAS 16:28-31 Bybel vir almal (ABA)
want ek het vyf broers. Hy moet hulle waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyn kom nie.’ Toe sê Abraham vir die ryk man: ‘Jou broers het die boeke van Moses en die boeke van die profete, jou broers moet na húlle luister.’ Maar die ryk man het geantwoord: ‘Nee, vader Abraham, as een van die mense wat dood is, na my broers toe gaan, dan sal hulle verander en doen wat God wil hê.’ Maar Abraham het gesê: ‘As hulle nie doen wat die boeke van Moses en die profete sê nie, dan sal hulle ook nooit luister na iemand wat weer begin lewe het nie.’ ”
LUKAS 16:28-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want ek het vyf broers — om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
LUKAS 16:28-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het nog vyf broers. Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.’ Maar Abraham sê: ‘Hulle het die woorde van Moses en die profete. Laat hulle daarna luister.’ Hy antwoord egter: ‘Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dood na hulle toe gaan, sal hulle hulle bekeer.’ Maar hy sê vir hom: ‘As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan.’ ”
LUKAS 16:28-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want ek het nog vyf broers. Hy kan hulle dan waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.’ Maar Abraham sê, ‘Hulle het Moses en die Profete. Laat hulle na dié luister.’ ‘Nee, vader Abraham,’ antwoord hy, ‘maar hulle sal hulle bekeer as iemand uit die dood na hulle gaan.’ Hy het egter vir hom gesê, ‘As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle selfs as iemand uit die dood opstaan, nie oortuig word nie.’ ”
LUKAS 16:28-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek het vyf broers; dat Hy vir hulle kan getuig, dat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Abraham sê vir hom: Hulle het Moses en die profete; laat hulle na hulle luister. En hy sê: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle toe gegaan het, sal hulle hul bekeer. En hy sê vir hom: As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle ook nie oortuig word nie, al sou iemand uit die dode opstaan.
LUKAS 16:28-31 Die Boodskap (DB)
U sien, ek het nog vyf broers. En hulle is ook vinnig op pad na hierdie plek van lyding toe. Laat Lasarus hulle asseblief gaan waarsku voor dit te laat is.’ “‘Hoekom? Hulle het mos die Bybel,’ het Abraham geantwoord. ‘Hulle moet maar net luister na wat God daar in die wet en deur sy profete vir hulle sê.’ “‘Ag, vader Abraham, dit sal soveel beter wees as iemand wat reeds hier aan die ander kant van die dood leef na hulle toe gaan en hulle waarsku. Dan sal hulle hulle boeglam skrik en begin luister,’ sê die man toe. “‘Nee, jy’s verkeerd,’ het Abraham vinnig geantwoord. ‘As hulle hulle nie aan God se Woord steur nie, sal niks anders hulle oortuig nie, nie eens iemand wat uit die hemel daar by hulle opdaag nie.’”
LUKAS 16:28-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want ek het vyf broers, en ek wil hê hy moet hulle waarsku teen hierdie plek van pyniging sodat hulle nie hier beland wanneer hulle sterf nie.’ “Maar Abraham het gesê: ‘Hulle het Moses en die profete om hulle te waarsku. Jou broers kan hulle geskrifte enige tyd lees wanneer hulle wil.’ “Die ryk man het geantwoord: ‘Nee, vader Abraham! Maar as iemand uit die dood na hulle gestuur word, sal hulle tot inkeer kom.’ “Maar Abraham het gereageer: ‘As hulle nie na Moses en die profete luister nie, sal hulle ook nie luister nie selfs al sou iemand uit die dood opstaan.’”