LUKAS 16:23-24
LUKAS 16:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Toe die ryk man wakker word in die doderyk, het hy baie pyn gehad. Hy het daar ver vir Lasarus by Abraham gesien. Die ryk man roep toe en sê: ‘ Vader Abraham, jy moet asseblief jammer wees vir my en jy moet vir Lasarus stuur sodat hy die punt van sy vinger met water kan natmaak en my tong kan koud maak, want ek het baie pyn in hierdie vuur.’
LUKAS 16:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.
LUKAS 16:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: ‘Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.’
LUKAS 16:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En toe hy, van waar hy in Hades gefolter word, sy oë ophef, sien hy Abraham in die verte, met Lasarus teen sy bors. Hy het geroep, ‘Vader Abraham! Wees my genadig, en stuur Lasarus om die punt van sy vinger in water te doop en my tong af te koel, want ek ly in hierdie vlam.’
LUKAS 16:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in die doderyk slaan hy sy oë op terwyl hy in pyniging was, en sien Abraham van ver af en Lasarus in sy boesem. En hy het uitgeroep en gesê: Vader Abraham, ontferm U oor my en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan doop en my tong kan afkoel; want ek word gepynig in hierdie vlam.
LUKAS 16:23-24 Die Boodskap (DB)
“’n Ruk later is die ryk man ook dood. Maar daar was geen engel om hom hemel toe te dra nie. Nee, hy het sy oë in die doderyk oopgemaak. Dit was verskriklik. Pyn en lyding was sy voorland. So in sy lyding sien hy eendag vir Abraham daar ver aan die ander kant raak. En ook vir Lasarus wat by Abraham sit. Hy roep toe hard uit: ‘Vader Abraham, kry my tog jammer. Stuur asseblief vir Lasarus met ’n slukkie water vir my. Selfs net ’n druppeltjie water op my tong sal genoeg wees. Hierdie vuur is verskriklik. Ek kan die pyn nie langer uithou nie!’
LUKAS 16:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het sy oë in die doderyk oopgemaak en terwyl hy gefolter word, het hy Lasarus in die verte by Abraham gesien. “Die ryk man het geroep: ‘Vader Abraham, ontferm u oor my! Stuur vir Lasarus hierheen om die punt van sy vinger in water te steek en my tong af te koel, want ek ly verskriklik in hierdie vlamme!’