LUKAS 16:23
LUKAS 16:23 Bybel vir almal (ABA)
Toe die ryk man wakker word in die doderyk, het hy baie pyn gehad. Hy het daar ver vir Lasarus by Abraham gesien.
LUKAS 16:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.
LUKAS 16:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep
LUKAS 16:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En toe hy, van waar hy in Hades gefolter word, sy oë ophef, sien hy Abraham in die verte, met Lasarus teen sy bors.
LUKAS 16:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in die doderyk slaan hy sy oë op terwyl hy in pyniging was, en sien Abraham van ver af en Lasarus in sy boesem.
LUKAS 16:23 Die Boodskap (DB)
“’n Ruk later is die ryk man ook dood. Maar daar was geen engel om hom hemel toe te dra nie. Nee, hy het sy oë in die doderyk oopgemaak. Dit was verskriklik. Pyn en lyding was sy voorland. So in sy lyding sien hy eendag vir Abraham daar ver aan die ander kant raak. En ook vir Lasarus wat by Abraham sit.