LUKAS 16:16
LUKAS 16:16 Bybel vir almal (ABA)
Die boeke van Moses en die boeke van die profete van die Ou Testament was belangrik totdat Johannes die Doper gekom het. Maar vandat Johannes die Doper gekom het, het Ek, Jesus, die goeie boodskap gebring dat God Koning is. En elkeen probeer baie hard om te wees by God wat Koning is.
LUKAS 16:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
LUKAS 16:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Tot op Johannes was dit net die wet en die profete. Van toe af word die koninkryk van God verkondig, en elkeen probeer so hard as hy kan om daar in te kom.
LUKAS 16:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Tot en met Johannes het die Wet en die Profete gegeld, maar van toe af word die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, en elkeen probeer met alle mag daar ingaan.
LUKAS 16:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die wet en die profete was tot by Johannes: van toe af word die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring daarin.
LUKAS 16:16 Die Boodskap (DB)
Tot onlangs toe het God nog die wet en profete gebruik om sy wil bekend te maak. Maar daardie tyd is vir altyd verby. Johannes die Doper was die laaste een van die profete. Van nou af gaan dit net oor God se splinternuwe wêreld. Ek maak dit bekend. En mense val nou omtrent oor hulle voete om daar in te kom. Hulle storm oral in die koninkryk in.