LUKAS 16:10-12
LUKAS 16:10-12 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat goed werk met iets wat nie kosbaar is nie, sal ook goed werk met die dinge wat kosbaar is, die dinge wat God gee. Maar iemand wat sleg werk met iets wat nie kosbaar is nie, sal ook sleg werk met die dinge wat kosbaar is, die dinge wat God gee. As julle die geld en goed verkeerd gebruik wat God in hierdie wêreld gee, dan sal God nie vir julle dinge gee wat kosbaar is nie. En as julle nie reg werk met ander mense se goed nie, dan sal God ook nie vir julle iets gee wat aan julle kan behoort nie.
LUKAS 16:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
LUKAS 16:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit?
LUKAS 16:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan. As julle dan nie betroubaar was wat die oneerlike Mammon betref nie, wie sal julle met die ware rykdom vertrou? En as julle nie betroubaar was met 'n ander se goed nie, wie sal vir julle gee wat julle toekom?
LUKAS 16:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat in die geringste onregverdig is, is ook in die grote onregverdig. As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? En as julle nie getrou was in wat 'n ander man s'n is nie, wie sal aan julle wat aan julle behoort, gee?
LUKAS 16:10-12 Die Boodskap (DB)
“Julle moet eerlik wees, selfs ook in die heel kleinste dingetjies wat julle doen. As julle vertrou kan word met kleingeld, sal julle ook vertrou kan word met ’n hele sak vol geld. Aan die ander kant, as julle nie eens vertrou kan word met ’n paar sent nie, hoe sal julle dan eerlik wees wanneer julle besigheid doen? Moenie toelaat dat die geldgod julle in sy kloue beetkry nie. Dan gaan julle ander mense probeer uitbuit. As julle nie eerlik kan wees met geld in hierdie oneerlike wêreld waarin julle leef nie, hoe sal Ek dan ooit my nuwe wêreld aan julle sorg kan toevertrou?
LUKAS 16:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees. As jy selfs ’n klein bietjie oneerlik is, sal jy nie eerlik wees met groot verantwoordelikhede nie. En as julle onbetroubaar is met wêreldse rykdom, wie sal julle vertrou met die werklike rykdom van die hemel? En as julle nie betroubaar is met ander mense se geld nie, waarom sal julle met julle eie geld vertrou word?