LUKAS 13:7-9 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
LUKAS 13:7-9 AFR83 (Afrikaans 1983)
sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’ Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.”
LUKAS 13:7-9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.
LUKAS 13:7-9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Uiteindelik het hy vir sy tuinier gesê: ‘Kyk, ek kom soek nou al drie jaar lank vrugte aan hierdie boom en kry niks nie. Haal hom uit! Hoekom moet hy die grond nog langer uitput?’ “Die tuinier het geantwoord: ‘Meneer, gee hom nog een kans. Los hom nog ’n jaar, en ek sal besondere aandag aan hom gee en baie bemesting. As ons volgende jaar vye kry, goed. So nie kan u hom uithaal.’”
LUKAS 13:7-9 DB (Die Boodskap)
Hy sê toe vir sy tuinier wat die bome moes versorg: ‘Kyk, dis nou al drie jaar dat hierdie boom nie vye dra nie. Kap hom uit! Dit put net die grond uit. Kom ons plant liewer ’n ander boom in sy plek.’ “Toe sê die tuinier: ‘Ag, Meneer, kan ons nie maar nog ’n keer probeer nie? Kom ons gee die boom nog ’n jaar kans. Ek sal sorg dat hy hierdie jaar die beste bemesting en genoeg water kry. Dan behoort hy volgende jaar vrugte te dra. So nie, as al my harde werk nie help nie, kan u die boom maar uitkap.’”
LUKAS 13:7-9 ABA (Bybel vir almal)
Die man sê toe vir die man wat in die wingerd werk: ‘Dit is nou die derde jaar dat ek kom kyk of daar vye aan die boom is, maar elke jaar kry ek niks. Jy moet nou hierdie vyeboom uitkap, want dit maak net die grond droog.’ Toe sê die man wat in die wingerd werk: ‘Meneer, laat die vyeboom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom die boom omspit en ek sal dit mis gee. En as die boom volgende jaar vye dra, dan is dit goed. Maar as daar weer niks vye is nie, dan kan jy die boom uitkap.’ ”
LUKAS 13:7-9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het hy vir die tuinier gesê, ‘Kyk, dis al drie jaar wat ek vrugte aan hierdie vyeboom kom soek en niks kry nie. Kap dit uit. Waarom moet dit die grond langer uitput?’ Maar hy antwoord en sê vir hom, ‘Meneer, laat dit nog hierdie jaar bly staan, totdat ek rondom gespit en mis gegee het. En as dit dan volgende jaar vrugte dra, goed. Maar as dit nie gebeur nie, kan u dit uitkap.’ ”
LUKAS 13:7-9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê hy vir die tuinmaker van sy wingerd: Kyk, hierdie drie jaar kom ek en soek vrugte aan hierdie vyeboom, maar kry niks nie; kap dit af; waarom lê dit die grond toe? En hy antwoord en sê vir hom: Here, laat dit ook hierdie jaar staan, totdat ek daaroor sal grawe en dit mis. En as dit vrug dra, wel; en so nie, dan moet jy dit daarna afkap.