LUKAS 13:27
LUKAS 13:27 Bybel vir almal (ABA)
Maar die eienaar sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, ek weet nie van waar julle kom nie. Julle almal moet weggaan van my, julle het gedoen wat verkeerd is.’
LUKAS 13:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!
LUKAS 13:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Hy sal weer vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom!’
LUKAS 13:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy sal vir julle sê, ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg van my af, julle almal wat onreg pleeg. ’
LUKAS 13:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy sal sê: Ek sê vir julle: Ek ken julle nie waarvandaan julle is nie; Gaan weg van My, alle werkers van ongeregtigheid!
LUKAS 13:27 Die Boodskap (DB)
“Maar Ek sal van binne af antwoord: ‘Gaan weg! Ek weet nie wie julle is nie. Hier’s nie plek vir julle nie.’ “Dan sal hulle antwoord: ‘Maar onthou U ons dan nie meer nie? Ons het saam met U geëet en feesgevier. Toe U hier by ons op die aarde was, het ons oral agter U aangeloop.’ “Dan sal Ek antwoord: ‘Ek het nie die vaagste idee wie julle is of waarvandaan julle kom nie. Gee dadelik pad, julle goddelose spul! Hier in my huis is daar nie plek vir julle nie.’