LUKAS 13:18-21
LUKAS 13:18-21 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook gesê: “Weet julle hoe dit is wanneer God Koning is? Ek sal dit vir julle so verduidelik. Dit is soos 'n mosterd-saad wat iemand in sy tuin plant. Die saad groei en dit word 'n boom, en die voëls maak hulle neste in sy takke.” Toe praat Jesus weer. Hy het gesê: “Ek sal probeer om dit vir julle ook só te verduidelik: Wanneer God Koning is, dan is dit soos 'n vrou wat 'n klein stukkie suurdeeg neem en dit meng met drie sea meel. Die meel word dan deeg, en die suurdeeg laat al die deeg rys en groter word.”
LUKAS 13:18-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk? Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke. En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
LUKAS 13:18-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het gesê: “Hoe is die koninkryk van God? Waarmee kan Ek dit vergelyk? Dit is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy tuin geplant het. Dit het gegroei en 'n boom geword, en die voëls het in sy takke kom nes maak.” Verder het Hy gesê: “Waarmee kan Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in twintig kilogram meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”
LUKAS 13:18-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop het Hy gesê: “Waaraan is die •koninkryk van God gelyk, en waarmee sal Ek dit vergelyk? Dit is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand geneem en in sy tuin gesaai het. Dit het gegroei en 'n boom geword, en die voëls van die hemel het in sy takke kom nesmaak. ” Hy vra toe weer: “Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in drie saton koringmeel ingewerk het totdat dit heeltemal deurgesuur is.”
LUKAS 13:18-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê hy: Hoe lyk die koninkryk van God? en waarmee sal ek dit lyk? Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gegooi het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword; en die voëls van die hemel het in die takke daarvan vernag. En weer sê hy: Waarmee sal ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in drie mate meel weggesteek het totdat dit alles ingesuur is.
LUKAS 13:18-21 Die Boodskap (DB)
Toe sê Jesus vir hulle: “Hoe kan Ek vir julle verduidelik hoe God se nuwe wêreld daar uitsien? Ja, kom Ek gebruik die volgende voorbeeld: God se nuwe wêreld kan vergelyk word met ’n baie klein saadjie soos ’n mosterdsaadjie. Iemand vat dit en gaan plant dit in sy tuin. Uit hierdie piepklein saadjie groei later so ’n groot struik dat dit bo al die ander plante in die tuin uitstaan. Om die waarheid te sê, dis so groot dat al die voëls daarin nes kan maak. “Hier is nog ’n voorbeeld hoe God se nuwe wêreld werk: ’n Vrou vat ’n bietjie suurdeeg en knie dit dan baie goed in ’n skottel deeg in. Na ’n rukkie deurtrek die suurdeeg al die deeg in daardie skottel en laat dit rys.”
LUKAS 13:18-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het Jesus gesê: “Hoe lyk die koningsheerskappy van God? Hoe kan Ek dit illustreer? “Dit is soos ’n klein mosterdsaadjie wat in ’n tuin geplant is; dit groei en word ’n boom, en die voëls kom en vind skuiling in sy takke.” Hy het ook gevra: “Soos wat is die koningsheerskappy van God nog? Dis soos suurdeeg wat ’n vrou gebruik om brood te bak. Alhoewel sy ’n groot klomp meel gebruik, het die suurdeeg elke deel van die deeg deurtrek.”