LUKAS 11:52
LUKAS 11:52 Bybel vir almal (ABA)
Skrifgeleerdes, dit sal sleg gaan met julle, want julle het die sleutel van die deur weggegooi. Dit is die deur waar julle moet ingaan om God te leer ken. Julle gaan self nie in by daardie deur nie, en julle keer ook die mense wat daar wil ingaan.”
LUKAS 11:52 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.
LUKAS 11:52 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ellende wag vir julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en dié wat wel wou ingaan, vir hulle het julle verhinder.”
LUKAS 11:52 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee julle, wetskenners, want julle het die sleutel van kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en diegene wat wou ingaan, het julle verhinder.”
LUKAS 11:52 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee julle, wetgeleerdes! want julle het die sleutel van kennis weggeneem; julle het self nie ingegaan nie, en die wat besig was om in te gaan, het julle verhinder.
LUKAS 11:52 Die Boodskap (DB)
“Swaar tye wag vorentoe op julle spul kenners van die wet. Want julle het die sleutel van die deur wat na God se wêreld toe lei, weggegooi. Julle weet nie meer hoe om daar uit te kom nie. En dan staan julle boonop nog in die pad van ander wat probeer om by God uit te kom.”