LUKAS 11:43
LUKAS 11:43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ellende wag vir julle, Fariseërs! Want julle hou van die ereplekke in die sinagoges en om eerbiedig gegroet te word wanneer julle deur die markpleine loop!
LUKAS 11:43 Bybel vir almal (ABA)
Fariseërs, dit sal sleg gaan met julle, want julle wil op die belangrikste plekke in die sinagoges sit, en julle wil hê die ander mense moet julle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom.
LUKAS 11:43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.
LUKAS 11:43 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle hou van die ereplek in die sinagoges en om op straat eerbiedig begroet te word.
LUKAS 11:43 Die Boodskap (DB)
“Swaar tye wag nog vorentoe op julle spul. In die godsdienstige byeenkomste hoef ’n mens nie eens na julle te soek nie. Julle sit mos daar op die belangrikste plekke waar niemand julle kan miskyk nie. En dis tog te lekker vir julle om in die winkels of op straat so eerbiedig deur almal gegroet te word.