LUKAS 11:42
LUKAS 11:42 Bybel vir almal (ABA)
Fariseërs, dit sal sleg gaan met julle, want julle gee tiendes, ook van kruisement en wynruit, ja, van elke soort kruie. Maar God wil ook hê julle moet reg doen aan mense en julle moet goed wees vir hulle, maar julle doen dit nie. Julle moet dit doen en julle moenie ophou om tiendes te gee nie.
LUKAS 11:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
LUKAS 11:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en elke soort kruie, maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie.
LUKAS 11:42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en allerhande soorte kruie, maar julle verwaarloos die reg en die liefde vir God. Hierdie dinge moes julle gedoen het sonder om die ander na te laat.
LUKAS 11:42 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar wee julle, Fariseërs! want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en allerhande kruie, en gaan die oordeel en die liefde van God verby
LUKAS 11:42 Die Boodskap (DB)
“Ek waarsku julle spul Fariseërs: swaar tye wag op julle wanneer julle die dag voor God moet gaan staan. Julle werk die tiendes wat julle aan God gee tot op die laaste sent korrek uit. Maar wanneer dié dinge gedoen moet word wat regtig vir Hom saak maak, skitter julle in julle afwesigheid. Ek praat van dinge soos om te sorg dat reg en geregtigheid geskied en om met julle hele lewe te wys dat julle God liefhet. Ek sê nie die ander dinge wat julle doen, is verkeerd nie. Maar dit is niks werd as julle nie ook daardie dinge doen wat regtig vir God saak maak nie.
LUKAS 11:42 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Maar ellende wag vir julle, Fariseërs! Want julle is nougeset om ’n tiende van selfs die kleinste deel van julle inkomste te gee, maar julle vergeet heeltemal van regverdigheid en die liefde vir God. Julle moet regverdigheid en liefde beoefen, maar sonder om die tiendes na te laat.