LUKAS 11:39
LUKAS 11:39 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesien die Fariseër is verbaas, en Hy sê vir hom: “Julle Fariseërs maak ook die buitekant van bekers en borde skoon, maar julle is heeltemal sleg binne-in julleself en julle wil altyd meer en meer goed hê.
LUKAS 11:39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.
LUKAS 11:39 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Here sê vir hom: “Ja, julle Fariseërs! Julle maak die buitekant van bekers en borde skoon, maar binnekant is julle self vol inhaligheid en gemeenheid.
LUKAS 11:39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die Here sê vir hom: “Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar van binne is julle vol inhaligheid en boosheid.
LUKAS 11:39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die Here vir hom: Nou maak julle Fariseërs die buitekant van die beker en die skottel skoon; maar jou binneste is vol verskeuring en boosheid.
LUKAS 11:39 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe vir hom: “Ja, julle spul Fariseërs laat My dink aan mense wat net die buitekant van ’n beker en ’n skottel skoonmaak, maar die binnekant so vuil los. Julle is so verskriklik skoon en netjies op die oog af, maar binne-in julle wemel dit van die kwaad en van slegte dinge.