LUKAS 11:24
LUKAS 11:24 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens uitgaan, dan gaan hy deur plekke waar daar nie water is nie en hy soek 'n plek waar hy kan woon. As hy nie 'n plek kry waar hy kan woon nie, dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my eerste huis, die mens in wie ek gewoon het.’
LUKAS 11:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
LUKAS 11:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens uitgaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis toe waar ek uitgegaan het.’
LUKAS 11:24 Die Boodskap (DB)
“Weet julle, wanneer ’n onrein gees uit ’n mens se lewe padgee, gaan soek hy vir hom ’n ander blyplek. As hy na ’n lang soektog nie ’n rusplek kry nie, sê hy vir homself: ‘Ek is moeg gesoek. Ek gaan gou kyk wat van die plek geword het waar ek eers gebly het.’