LUKAS 11:23
LUKAS 11:23 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat nie vir My is nie, is teen My. Iemand wat My nie help om mense na God toe te bring nie, jaag die mense weg van Hom.”
LUKAS 11:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
LUKAS 11:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wie nie aan my kant is nie, is teen My. En wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar.”
LUKAS 11:23 Die Boodskap (DB)
“Wat sê hierdie beeld vir julle? Dít: julle kan mos duidelik sien aan wie se kant Ek staan. Nou moet julle ’n keuse maak: óf julle kom staan aan my kant óf julle gaan staan aan my vyand se kant; óf julle help My om mense na God se nuwe wêreld toe te lei óf julle jaag hulle weg.