LUKAS 11:22 - Compare All Versions

LUKAS 11:22 ABA (Bybel vir almal)

Maar as 'n ander man wat sterker is, hom aanval en wen, dan vat die sterker man al die wapens wat die sterk man gedink het sal hom help en beskerm. Dan gee die sterker man alles wat hy gevat het, vir ander mense.

LUKAS 11:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.

LUKAS 11:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar as daar een kom wat sterker as hy is en hom oorwin, neem hy al die wapens af waarop hy hom verlaat het, en hy verdeel sy besittings as buit.

LUKAS 11:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar as daar iemand aankom wat sterker as hy is, en hom oorrompel, neem so iemand die volle wapenrusting af waarop die sterk man vertrou het, en verdeel die buit.

LUKAS 11:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar wanneer 'n sterker as hy hom oorval en hom oorwin, neem hy van hom al sy wapenrusting waarop hy vertrou het, en deel sy buit.

LUKAS 11:22 DB (Die Boodskap)

Behalwe natuurlik as jy sterker as hy is. Dan kan jy hom oorrompel en al sy goed vat en dit verdeel.

LUKAS 11:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

totdat iemand wat sterker is, hom aanval en oorweldig en sy wapens afneem en wat hy van ander gesteel het, uitdeel.