LUKAS 11:18
LUKAS 11:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle sê mos Ek kry my mag deur die prins van bose geeste. Maar as Satan teen homself veg deur My mag te gee om bose geeste uit te dryf, hoe kan sy koninkryk voortbestaan?
LUKAS 11:18 Bybel vir almal (ABA)
As die Satan teen homself is, dan kan hy niks meer doen nie en hy kan oor niemand regeer nie. Julle sê Beëlsebul help My om die duiwels uit te jaag.
LUKAS 11:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.
LUKAS 11:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die Satan dan teen homself verdeeld is, hoe kan sy ryk bly staan? Julle sê mos Ek dryf bose geeste uit met die hulp van Beëlsebul.
LUKAS 11:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ook Satan teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk dan staande bly? Tog beweer julle dat Ek deur Beëlsebul demone uitdryf.