LUKAS 11:11-13
LUKAS 11:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle vaders – as julle kinders vir ’n vis vra, gee julle dan vir hulle ’n slang? Of as hulle ’n eier vra, gee julle dan vir hulle ’n skerpioen? Natuurlik nie! As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.”
LUKAS 11:11-13 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n seun vir sy pa 'n vis vra, dan sal sy pa nie vir hom 'n slang gee nie. En wanneer die seun vir sy pa 'n eier vra, dan sal sy pa nie vir hom 'n skerpioen gee nie. Julle is slegte mense, maar julle weet om goeie dinge vir julle kinders te gee. Julle Vader in die hemel wil vir julle iets gee wat nog beter is. Hy wil die Heilige Gees uit die hemel gee vir die mense wat dit vir Hom vra.”
LUKAS 11:11-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee; of ook as hy 'n eier vra, hom 'n skerpioen gee? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
LUKAS 11:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
LUKAS 11:11-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Watter vader onder julle sal, as sy seun hom 'n vis vra, hom 'n slang in plaas van 'n vis gee? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!”
LUKAS 11:11-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As 'n seun van een van julle wat 'n vader is, brood vra, sal hy vir hom 'n klip gee? of as hy 'n vis vra, sal hy vir 'n vis vir hom 'n slang gee? Of as hy 'n eier vra, sal hy vir hom 'n skerpioen aanbied? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
LUKAS 11:11-13 Die Boodskap (DB)
“Wie van julle wat ’n pa is, sal vir julle kind ’n slang gee as hy julle ’n stukkie vis vra om te eet? As hy vir ’n eier vra, gee julle hom mos nie iets boos soos ’n skerpioen nie. Nou ja, God maak ook nie so met sy kinders nie. As julle klomp slegte mense net goeie dinge vir julle eie kinders gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader dit dan nie doen nie? Ek verseker julle: Hy sal selfs die Heilige Gees met sy groot krag gee aan almal wat ernstig tot Hom bid.”