LUKAS 11:1
LUKAS 11:1 Bybel vir almal (ABA)
Eendag was Jesus besig om te bid. Toe Hy klaar gebid het, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer vir ons hoe ons moet bid, soos Johannes die Doper ook vir sy dissipels geleer het.”
LUKAS 11:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.
LUKAS 11:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.”
LUKAS 11:1 Die Boodskap (DB)
Kort daarna het Jesus verder gereis. By een van die plekke waar hulle oorgebly het, het Hy gaan bid. Toe Jesus klaar gebid het, vra een van sy volgelinge Hom: “Here, leer ons asseblief ook om reg met God te praat. Weet U, Johannes die Doper leer sy volgelinge hoe om te bid.”