LUKAS 10:41-42
LUKAS 10:41-42 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Here het vir haar gesê: “Marta, Marta, jy is bekommerd oor so baie dinge en jy maak jou moeg daaroor. Maar daar is een ding wat belangriker is as alles, en Maria het hierdie een ding gekies, en niemand sal dit wegneem van haar nie.”
LUKAS 10:41-42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.
LUKAS 10:41-42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”
LUKAS 10:41-42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die Here antwoord haar: “Martha, Martha, jy kwel en ontstel jou oor so baie dinge, maar net een ding is noodsaaklik, en Maria het die goeie deel gekies; dit sal nie van haar af weggeneem word nie.”