LUKAS 10:26 - Compare All Versions

LUKAS 10:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?”

LUKAS 10:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

LUKAS 10:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jesus het geantwoord: “Wat sê die wet van Moses? Wat lees jy daarin?”

LUKAS 10:26 DB (Die Boodskap)

“Ken jy dan nie die wet nie?” het Jesus vinnig teruggevra. “Sê My ’n bietjie, wat staan daar in die wet geskryf?”

LUKAS 10:26 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het vir hom gevra: “Wat het God in sy wette geskryf? Wat lees jy in die wette?”

LUKAS 10:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Jesus sê toe vir hom: “Wat staan in die Wet geskryf? Wat lees jy daar?”

LUKAS 10:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy sê vir hom: Wat is in die wet geskrywe? hoe lees jy?