LUKAS 10:22
LUKAS 10:22 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook gesê: “My Vader het alles vir My gegee. Niemand ken regtig die Seun van God nie, net die Vader ken Hom. En niemand ken regtig die Vader nie, net die Seun van God ken die Vader. En net as die Seun vir mense help om te weet wie die Vader is, dan ken hulle ook die Vader.”
LUKAS 10:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.
LUKAS 10:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
“My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand weet wie die Seun is nie behalwe die Vader, en wie die Vader is nie behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil bekend maak.”
LUKAS 10:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Alles is deur my Vader aan My toevertrou. En niemand ken die •Seun nie, behalwe die Vader, en niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom bekend wil maak.”
LUKAS 10:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader; en wie die Vader is, behalwe die Seun, en hy aan wie die Seun Hom sal openbaar.
LUKAS 10:22 Die Boodskap (DB)
“Vader, U het al u groot krag tot my beskikking gestel. Alles en almal behoort nou aan My. Net U ken My regtig. U weet presies wie Ek is en wat Ek hier op die aarde kom doen het. Net so weet niemand anders wie U regtig is nie, behalwe Ek self. Ek ken U deur en deur. Ander mense kan net in U glo wanneer Ek vir hulle wys wie U regtig is. Dan eers gaan hulle oë oop.”