LEVITIKUS 6:17
LEVITIKUS 6:17 Bybel vir almal (ABA)
Hulle mag nie die brood met suurdeeg bak nie. Dit is wat die priesters moet kry van die vuur-offers. Dit is hoog-gewyd, soos die sonde-offer en die skuld-offer.
LEVITIKUS 6:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.
LEVITIKUS 6:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit word gebak, maar nie met suurdeeg nie. Dit is hulle deel wat Ek hulle uit my vuuroffer gee. Dit is 'n besondere gewyde gawe, net soos die sondeoffer en die skuldoffer.
LEVITIKUS 6:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit mag nie met suurdeeg gebak word nie. Ek het dit gegee as hulle deel van die offergawes aan My. Dit is 'n besonder heilige gawe, soos die •reinigingsoffer en die hersteloffer.
LEVITIKUS 6:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit mag nie met suurdeeg gebak word nie. Ek het dit aan hulle gegee as hulle deel van my vuuroffers; dit is hoogheilig soos die sondoffer en die skuldoffer.
LEVITIKUS 6:17 Die Boodskap (DB)
Ook wanneer dit gebak word, mag daar nie suurdeeg bykom nie. Die Here staan hierdie deel van die offer aan die dienaars by die tent af as hulle deel van die offers. Dit is net so volledig uitgesonder vir die Here se diens soos die offers wat vir die sonde gebring word en die offers wat na die tent van die Here gebring word om vir die skuld voor God te betaal.