LEVITIKUS 4:35
LEVITIKUS 4:35 Bybel vir almal (ABA)
Hy moet al die vet uithaal, soos hy die vet van die skaap vir die ete-offer uithaal, en hy moet dit op die altaar verbrand, saam met die vuur-offers vir die Here. Die priester doen so versoening vir die sonde wat die persoon gedoen het, en die Here sal hom vergewe.”
LEVITIKUS 4:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
LEVITIKUS 4:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die vet word verwyder soos in die geval van die skaap vir die maaltydoffer, en die priester verbrand dit op die altaar by die vuuroffer vir die Here. So doen die priester versoening vir die sonde wat die burger gedoen het, en word sy sonde vergewe.”
LEVITIKUS 4:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al die vet moet hy verwyder, soos hy die vet van die skaap vir die maaltydoffer verwyder het. Die priester moet dit op die altaar verbrand saam met die ander offergawes vir die HERE. So sal die priester vir die persoon versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het en sal hy vergewe word.
LEVITIKUS 4:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy moet al die vet daarvan wegneem soos die vet van die lam van die dankoffer weggeneem word; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek volgens die vuuroffers aan die HERE; en die priester moet versoening doen vir sy sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
LEVITIKUS 4:35 Die Boodskap (DB)
Die persoon verwyder self al die vet net soos die vet van die bok wat geoffer is om saam met die Here te eet. Die dienaar verbrand dit alles op die altaar saam met die ander diere wat vir die Here verbrand word. So bring die dienaar by die tent die betaling vir die persoon se sonde. Hy word vrygespreek. Daar kom weer vrede tussen hom en God.”
LEVITIKUS 4:35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dan word al die vet van die skaap verwyder, net soos wat met die maaltydoffer gedoen word. Die priester verbrand die vet op die altaar bo-op die vuuroffers vir die HERE. Op dié manier sal die priester versoening doen vir hulle en hulle sal vergewe word.”