LEVITIKUS 27:33
LEVITIKUS 27:33 Bybel vir almal (ABA)
Julle mag nie kyk of die dier goed of sleg is nie en julle mag dit nie omruil vir 'n ander dier nie. As iemand dit doen, dan is altwee diere aan die Here gewy, niemand mag dit loskoop nie.”
LEVITIKUS 27:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.
LEVITIKUS 27:33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar mag nie goeies of slegtes uitgesoek word nie, en 'n dier wat afgekeer is, mag nie omgeruil word nie. As iemand so 'n dier probeer omruil, word albei diere die Here se eiendom. Daar mag nie teruggekoop word nie.”
LEVITIKUS 27:33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die eienaar mag nie tussen goeies vir 'n slegte soek nie en hy mag nie diere omruil nie. As hy dit wel omruil, is daardie dier reeds heilig en sal die geruilde een ook heilig wees. Dit mag nie losgekoop word nie.’ ”
LEVITIKUS 27:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sal nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en hy sal dit nie verander nie; dit sal nie losgekoop word nie.
LEVITIKUS 27:33 Die Boodskap (DB)
Daar moet nie onderskeid gemaak word tussen goeie en slegte diere wanneer hulle uitgekeer word nie. ’n Dier kan ook nie sommer vir ’n swakker een omgeruil word nie. As iemand tog sal waag om dit te doen, moet hy die dier wat hy eerste uitgekeer het, sowel as die dier waarmee hy dit wou ruil, aan die Here afstaan.”