LEVITIKUS 27:15
LEVITIKUS 27:15 Bybel vir almal (ABA)
Maar as die persoon wat die huis gewy het, dit wil loskoop, dan moet hy een vyfde meer betaal, dan is dit weer sy huis.
LEVITIKUS 27:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.
LEVITIKUS 27:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die persoon wat die huis gewy het, dit self weer wil terugkoop, moet hy twintig persent meer as die vasgestelde loskoopwaarde betaal. Dan is dit weer syne.
LEVITIKUS 27:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As die persoon wat sy huis aan die HERE gewy het, dit wil loskoop, moet hy 'n vyfde in silwer by die loskoopwaarde voeg. Dan is dit weer syne.
LEVITIKUS 27:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as hy wat dit geheilig het, sy huis sal los, dan moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daarby voeg, en dit sal syne wees.